Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inflasie
inflasie [boodskap #140890] So., 22 Januarie 2023 11:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24274
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inflasie
Afbreking: in•fla•sie


Selfstandige naamwoord: inflasie
Meervoud:

Betekenis:
• Die styging in die algemene prysvlakke van goedere en dienste in 'n ekonomie, m.a.w. 'n daling in die waarde van geld.

Gebruik:
• As gevolg van inflasie is meer geld nodig om vir goedere (soos pap en brood) en dienste (soos 'n haarsny of 'n buskaartjie) te betaal.

Antoniem:
• deflasie

Afgelei:
• inflasiebeleid
• inflasiegevaar
• inflasiekoers
• inflasiepolitiek
• inflasieprys
• inflasiespook
• inflasieverskynsel
• inflasieverwagting
• inflasietyd
• wegholinflasie

Verwant:
• inflasioneer
• inflasionêr

Vertaling:
Engels: inflation
Nederlands: inflatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: urinaal
Volgende onderwerp: sjokoladekoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jan. 07 10:43:56 UTC 2026