witboordjiemisdaad [boodskap #140884] |
Sun, 22 January 2023 09:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20968 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
witboordjiemisdaad
Afbreking: wit•boord•jie•mis•daad
Samestelling: wit + boordjie + misdaad
Selfstandige naamwoord: witboordjiemisdaad
Meervoud: witboordjiemisdade
Betekenis:
• Nie-gewelddadige misdaad wat finansieel gemotiveer is en deur besighede, staatsamptenare en persone van aansien gepleeg word.
Gebruik:
• Witboordjiemisdaad word tipies deur bankiers, bestuurders en amptenare gepleeg, en sluit misdaad soos bedrog, omkopery, geldwassery en vervalsing in.
Antoniem:
• blouboordjiemisdaad
Afgelei:
• witboordjiekrimineel
Vertaling:
Engels: white-collar crime
Nederlands: witteboordencriminaliteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|