gunstig [boodskap #140877] |
Sat, 21 January 2023 07:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20966 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gunstig
Afbreking: guns•tig
Samestelling: guns + -tig
Byvoeglike naamwoord: gunstig
Vergrotende trap: gunstiger
Oortreffende trap: gunstigste
Attributief: gunstige
Partitief: gunstigs
Intensief: goedgunstig
Betekenis:
• Wat goed gesind, of positief teenoor iets/iemand ingestel is.
• Wat 'n goeie uitslag bring of beloof.
Gebruik:
• Die koning het het die besoekers gunstig ontvang.
• Die weer is gunstig vir braai.
Sinoniem:
• bevorderlik
• geleë
• geskik
• goedgesind
• voordelig
• voorspoedig
• weldadig
• welwillend
Antoniem:
• ongunstig
Afgelei:
• afgunstig
• begunstig
• gunstigheid
Vertaling:
Engels: favourable, advantageous
Nederlands: gunstig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|