gerief [boodskap #140866] |
Thu, 19 January 2023 10:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20967 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gerief
Afbreking: ge•rief
Selfstandige naamwoord: gerief
Meervoud: geriewe
Verkleinwoord: geriefie
Meervoud van verkleining: geriefies
Betekenis:
• Gemak, genot, nut (geen meervoud).
• Iets wat 'n mens arbeid, tyd of moeite spaar.
• 'n Toilet; gemakhuisie; kleinhuisie; latrine; ablusiegerief.
Gebruik:
• Vir u gerief heg ons 'n aansoekvorm aan.
• Dis die munisipaliteit se plig om openbare geriewe daar te stel en te onderhou.
• Het die huis dan net een gerief?
Antoniem:
• ongerief
Hiponiem:
• ablusiegerief
• kookgerief
• rygerief
• sitgerief
Afgelei:
• gerieflik
Vertaling:
Engels: amenity, comfort, convenience
Nederlands: gerief
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|