bedrewenheid [boodskap #140863] |
Thu, 19 January 2023 07:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20967 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedrewenheid
Afbreking: be•dre•wen•heid
Samestelling: bedrewe + -n- + -heid
Selfstandige naamwoord: bedrewenheid
Meervoud: bedrewenhede
Betekenis:
• Die mate waarin iemand bedrewe (handig en ervare) is.
Gebruik:
• Ekstra klasse word aangebied om die leerders se bedrewenheid in Afrikaans te verbeter.
• In judo word die kandidaat se bedrewenheid in 16 grade gemeet.
Sinoniem:
• behendigheid
• bekwaamheid
• bevoegdheid
• deskundigheid
• handigheid
• knapheid
• kundigheid
• vaardigheid
Antoniem:
• onbedrewenheid
Hiponiem:
• sportbedrewenheid
• taalbedrewenheid
• vakbedrewenheid
Vertaling:
Engels: proficiency, skilfulness, craftsmanship, expertness
Nederlands: bedrevenheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|