kakao [boodskap #140858] |
Wed, 18 January 2023 18:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20969 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kakao
Afbreking: ka•kao
Selfstandige naamwoord: kakao
Meervoud: –
Betekenis:
• Saad/bone van die kakaoboom.
• Poeier van dié boontjies, of drankie wat daarvan berei is.
Gebruik:
• Sjokolade word van kakao gemaak.
• Wil jy 'n koppie kakao hê?
Afgelei:
• kakao-industrie
• kakaoagtig
• kakaoboontjie
• kakaobotter
• kakaobereiding
• kakaoboom
• kakaoboon
• kakaofabriek
• kakaofabrikant
• kakaopoeier
• kakaovet
Vertaling:
Engels: cocoa
Nederlands: cacao
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|