Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kronkel
kronkel [boodskap #140856] Wed, 18 January 2023 17:04
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20970
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kronkel
Afbreking: kron•kel


Werkwoord: kronkel
Verlede tyd: het gekronkel

Betekenis:
• Om heen en weer te draai en te swaai.

Gebruik:
• Die rivier kronkel deur die landskap.

Sinoniem:
• kartel
• krul
• sigsag
• slinger
• wurm

Afgelei:
• afkronkel
• wegkronkel

Vertaling:
Engels: to coil, twist, wind, wiggle
Nederlands: kronkelen


Selfstandige naamwoord: kronkel
Meervoud: kronkels
Verkleinwoord: kronkeltjie
Meervoud van verkleining: kronkeltjies

Betekenis:
• Segment van 'n lyn met krommings wat heen en weer draai.
• (geografie) 'n U-vormige boog in 'n rivier.

Gebruik:
• Die luislang draai nog 'n kronkel om sy prooi.
• 'n Hoefystermeer ontstaan wanneer 'n kronkel van die rivier afgesny word.

Sinoniem:
• golwing
• kinkel
• kromming

Afgelei:
• kronkelderm
• kronkelend
• kronkelig
• kronkeling
• kronkelloop
• kronkelontwerp
• kronkelpad
• kronkelpatroon
• kronkelpyp
• kronkelrig
• kronkeltrap
• kronkelveer
• kronkelweg

Vertaling:
Engels: coil, twis, kink; meander
Nederlands: kronkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gemoedstoestand
Volgende onderwerp: broodkorsie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 10:26:21 UTC 2025