kasty [boodskap #140846] |
Mon, 16 January 2023 19:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20967 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kasty
Afbreking: ka•sty
Werkwoord: kasty
Verlede tyd: het gekasty
Betekenis:
• Om straf toe te dien (meestal fisiese lyfstraf).
Gebruik:
• Bestraf my nie in u grimmigheid nie, Here, kasty my nie in u woede nie. [Psalms 28:2]
Sinoniem:
• dissiplineer
• folter
• gesel
• martel
• straf
• tugtig
Afgelei:
• kastyder
• kastyding
Vertaling:
Engels: to chastise, punish
Nederlands: kastijden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|