drukfout [boodskap #140823] |
Sat, 14 January 2023 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20968 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drukfout
Afbreking: druk•fout
Samestelling: druk + fout
Selfstandige naamwoord: drukfout
Meervoud: drukfoute
Verkleinwoord: drukfoutjie
Meervoud van verkleining: drukfoutjies
Betekenis:
• 'n Fout in 'n gedrukte teks of illustrasie.
Gebruik:
• Tot ons spyt het daar 'n drukfout in die vorige publikasie ingesluip.
Sinoniem:
• misdruk
• setfout
Afgelei:
• drukfoutduiwel
• drukfouteduiwel
Vertaling:
Engels: misprint, printing‐error
Nederlands: drukfout
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|