Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buigsaamheid
buigsaamheid [boodskap #140813] Tue, 10 January 2023 18:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20969
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
buigsaamheid
Afbreking: buig•saam•heid
Samestelling: buigsaam + -heid


Selfstandige naamwoord: buigsaamheid
Meervoud: buigsaamhede

Betekenis:
• Die vermoë om te kan buig sonder om te breek.
• (figuurlik) Toestand of mate van aanpasbaar wees.

Gebruik:
• Die metaal se buigsaamheid kan in 'n laboratorium getoets word.
• Die buigsaamheid van die regstelsel t.o.v. ryk mense kan gewone burgers soms briesend kwaad maak.

Sinoniem:
• aanpasbaarheid
• buigbaarheid
• elastisiteit
• lenigheid
• plastisiteit
• slapheid
• soepelheid
• veerkragtigheid
• vloeibaarheid

Antoniem:
• onbuigsaamheid
• styfheid

Vertaling:
Engels: flexibility, pliancy, suppleness
Nederlands: buigzaamheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: langbroek
Volgende onderwerp: sponsagtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 06 10:01:05 UTC 2025