blokraaisel [boodskap #140803] |
Mon, 09 January 2023 11:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20967 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blokraaisel
Afbreking: blok•raai•sel
Samestelling: blok + raaisel
Selfstandige naamwoord: blokraaisel
Meervoud: blokraaisels
Verkleinwoord: blokraaiseltjie
Meervoud van verkleining: blokraaiseltjies
Betekenis:
• Speletjie waar woorde na aanleiding van die leidrade wat gegee word in blokkies invul word.
Gebruik:
• Blokraaisels is 'n gewilde tydverdryf en kom algemeen in koerante en tydskrifte voor.
Wisselvorm:
• blokkiesraaisel
Afgelei:
• blokraaiselboek
• fotoblokraaisel
Vertaling:
Engels: crossword, crossword puzzle
Nederlands: kruiswoordraadsel, kruiswoordpuzzel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|