alchemis [boodskap #140776] |
Mon, 02 January 2023 15:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20968 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
alchemis
Afbreking: al•che•mis
Selfstandige naamwoord: alchemis
Meervoud: alchemiste
Betekenis:
• 'n Persoon wat alchemie (primitiewe skeikunde) beoefen.
Gebruik:
• Die alchemis probeer om goud in sy laboratorium te maak.
Sinoniem:
• goudmaker
Afgelei:
• alchemie
• alchemisties
Vertaling:
Engels: alchemist
Nederlands: alchemist, alchimist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|