baatsugtig [boodskap #140770] |
Sun, 01 January 2023 13:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20967 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
baatsugtig
Afbreking: baat•sug•tig
Samestelling: baatsug + -tig
Byvoeglike naamwoord: baatsugtig
Vergrotende trap: baatsugtiger
Oortreffende trap: baatsugtigste
Attributief: baatsugtige
Partitief: baatsugtigs
Betekenis:
• Met 'n oordrewe sug na eie voordeel.
Gebruik:
• Hoekom is vandag se amptenare so baatsugtig en onbevoeg?
Sinoniem:
• inhalig
• hebsugtig
• selfsugtig
Antoniem:
• onbaatsugtig
Afgelei:
• baatsugtigheid
Vertaling:
Engels: selfish, self-interested, mercantile, egoistic
Nederlands: baatzuchtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|