afgodsbeeld [boodskap #140761] |
Fri, 30 December 2022 12:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20970 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afgodsbeeld
Afbreking: af•gods•beeld
Samestelling: afgods + beeld
Selfstandige naamwoord: afgodsbeeld
Meervoud: afgodsbeelde
Verkleinwoord: afgodsbeeldjie
Meervoud van verkleining: afgodsbeeldjies
Betekenis:
• 'n Beeld (of ander afbeelding) wat aanbid word.
Gebruik:
• Vervloek is elkeen wat 'n afgodsbeeld uitkerf of giet en dit in die geheim aanhou. [Deuteronomium 27:15]
Sinoniem:
• afgod
• idool
Vertaling:
Engels: idol
Nederlands: afgodsbeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|