Leksikograaf Boodskappe: 20967 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Groot-Brittanje
Afbreking: Groot-Brit•tan•je
Samestelling: Groot + Brittanje
Pleknaam: Groot-Brittanje
Betekenis:
• Die grootste eiland van die Britse Eilande.
• (informeel) Die Verenigde Koninkryk.
Gebruik:
• Groot-Brittanje omvat Engeland, Wallis en Skotland, maar sluit Ierland uit.
• Alhoewel onakkuraat, word Groot-Brittanje algemeen gebruik as verkorting vir die ellelange "Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Noord-Ierland".
Afkorting:
• GB
Vertaling:
Engels: Great Britain
Nederlands: Groot-Brittannië
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.