Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » infusie
infusie [boodskap #140705] Vr., 23 Desember 2022 20:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24224
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
infusie
Afbreking: in•fu•sie
Samestelling: in + fusie


Selfstandige naamwoord: infusie
Meervoud: infusies

Betekenis:
• Aftreksel van plante, gemaak deur warm vloeistof daaroor te giet, of die proses om so 'n aftreksel te maak.
• Die mediese toedien van 'n vloeistof (soos bloed) onder die vel of direk in die are.

Gebruik:
• 'n Infusie van die boom se bas en wortels word medisinaal gebruik.
• Die pasiënt moet dringend 'n infusie kry.

Afgelei:
• infusiefles
• infusieproses
• infusietoestel

Vertaling:
Engels: infusion
Nederlands: infusie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geskape
Volgende onderwerp: Angola
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 28 09:40:58 UTC 2025