violet [boodskap #140692] |
Fri, 23 December 2022 13:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
violet
Afbreking: vi•o•let
Selfstandige naamwoord: violet
Meervoud: violette
Betekenis:
• 'n Bloupers kleur tussen indigo en ultraviolet met golflengte van 430 tot 380 nm.
• 'n Klein, geurige blommetjie, die viooltjie.
Gebruik:
• Violet is een van kleure van die reënboog.
• Die violette blom te pragtig in die voortuin.
Afgelei:
• ultraviolet
• violetagtig
• violetblou
• violetbruin
• violetkleurig
• violetpers
Vertaling:
Engels: pansy; violet
Nederlands: violet
Byvoeglike naamwoord: violet
Attributief: violet
Betekenis:
• Met 'n bloupers kleur.
Gebruik:
• Hy gee vir sy meisie 'n violet blom.
Vertaling:
Engels: violet
Nederlands: violet
Nota:
• Van Frans.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|