springgety [boodskap #140688] |
Fri, 23 December 2022 08:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
springgety
Afbreking: spring•ge•ty
Samestelling: spring + gety
Selfstandige naamwoord: springgety
Meervoud: springgetye
Betekenis:
• Tyd waartydens die see se vlak baie hoog styg; wanneer die verskil tussen hoog- en laagwater groot is.
Gebruik:
• Springgety kom min of meer elke 15 dae voor, net ná nuwemaan en volmaan.
Sinoniem:
• springty
• springvloed
Antoniem:
• dooie gety
Vertaling:
Engels: spring tide of the sea
Nederlands: springtij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|