opbou [boodskap #140679] |
Thu, 22 December 2022 09:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opbou
Afbreking: op•bou
Samestelling: op + bou
Werkwoord: bou op, opbou
Verlede tyd: het opgebou
Teenwoordige deelwoord: opbouend
Verlede deelwoord: opgeboude
Betekenis:
• Om iets op te rig; tot stand laat kom; vorm/gestalte gee.
Gebruik:
• Enige land wat nie 'n sterk weermag opbou nie is uiters kwesbaar.
Sinoniem:
• aanmekaarsit
• monteer
• ontwikkel
• oprig
• saamstel
• skep
• uitbrei
Antoniem:
• afbreek
Afgelei:
• heropbou
• opbouend
• opbouery
• opbouing
Vertaling:
Engels: to build, build up; to increase, phase in
Nederlands: opbouwen
Selfstandige naamwoord: opbou
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van laat groei of vorentoe beweeg.
Gebruik:
• Die opbou tot die verkiesing het grotendeels vreedsaam verloop.
Afgelei:
• liggaamsopbou
• magsopbou
• opbouproses
• opboutyd
• opbouweerstand
Vertaling:
Engels: build-up
Nederlands: aanloop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|