katot [boodskap #140669] |
Tue, 20 December 2022 19:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
katot
Afbreking: ka•tot
Selfstandige naamwoord: katot
Meervoud: katots (katotte)
Verkleinwoord: katotjie
Meervoud van verkleining: katotjies
Betekenis:
• 'n Kan of blik waarin water of kos gekook word.
• 'n Joodse of andersinds verspotte hoed (meestal as verkleinwoord).
Gebruik:
• Water vir koffie word sommer in 'n katot oor die kampvuur gekook.
• Wat se eienaardige katotjie het die man op sy kop?
Spreekwoord:
• Die hele katot. [Alles; die hele kaboedel.]
Sinoniem:
• kookblik
Vertaling:
Engels: cooking can; funny hat
Nederlands: kookblik, grappige hoed
Byvoeglike naamwoord: katot
Betekenis:
• (ongewoon) Deftig aangetrek; fyn uitgevat; viets.
Gebruik:
• Wat maak die katot dame hier in die agterbuurte?
Vertaling:
Engels: dressed-up
Nederlands: elegant aangekleed
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|