skigtig [boodskap #140655] |
Sat, 10 December 2022 07:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skigtig
Afbreking: skig•tig
Samestelling: skig + -tig
Byvoeglike naamwoord: skigtig
Vergrotende trap: skigtiger
Oortreffende trap: skigtigste
Attributief: skigtige
Betekenis:
• Wat bang en sku is (skielike rukbewegings uit senuweeagtigheid maak).
Gebruik:
• Sy loer skigtig rond soos sy in die donker gang afloop.
Sinoniem:
• bang
• bevrees
• huiwerig
• skrikkerig
• sku
Afgelei:
• skigtigheid
Vertaling:
Engels: skittish, shy
Nederlands: schichtig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|