weerman [boodskap #140651] |
Tue, 06 December 2022 19:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weerman
Afbreking: weer•man
Samestelling: weer + man
Selfstandige naamwoord: weerman
Meervoud: weermanne
Verkleinwoord: weermannetjie
Meervoud van verkleining: weermannetjies
Betekenis:
• Persoon wat die weervoorspelling aanbied, tipies 'n metereoloog of weerkundige.
• 'n Weerbare soldaat of krygsman.
Gebruik:
• Die weerman het gesê ons gaan môre 'n bietjie reën kry.
• Twee weermanne het aan hulle wonde beswyk.
Afgelei:
• landweerman
Afkorting:
• wmn.
• wrn.
Vertaling:
Engels: weather man, meteorologist; serviceman, private
Nederlands: weerman
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|