anneksasie [boodskap #140650] |
Tue, 06 December 2022 11:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
anneksasie
Afbreking: an•nek•sa•sie
Selfstandige naamwoord: anneksasie
Meervoud: anneksasies
Betekenis:
• Die handeling van annekseer; om iets (meestal grondgebied) in besit te neem.
Gebruik:
• Duitsland se anneksasie van Oostenryk geskied deur 'n inval van Duitse troepe, maar geen skote is gevuur nie.
Wisselvorm:
• aneksering
Sinoniem:
• aanhegting
• inbesitneming
• inlywing
• kolonisasie
• verowering
• toeëiening
Vertaling:
Engels: annexation
Nederlands: annexatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|