kontroleur [boodskap #140639] |
Fri, 02 December 2022 11:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kontroleur
Afbreking: kon•tro•leur
Selfstandige naamwoord: kontroleur
Meervoud: kontroleurs
Verkleinwoord: kontroleurtjie
Meervoud van verkleining: kontroleurtjies
Betekenis:
• Iemand wat kontroleer (kyk of dinge reg is, of dat dinge reg gedoen word).
Gebruik:
• Wie kontroleer dan die kontroleurs?
Sinoniem:
• beheerder
• hersiener
• inspekteur
• kontroleerder
• nasiener
• toesighouer
Verwant:
• kontrole
• kontroleer
Vertaling:
Engels: inspector, checker, controller
Nederlands: controleur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|