Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » simfonie-orkes
simfonie-orkes [boodskap #140630] Ma., 28 November 2022 18:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26481
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Simfonie-orkes.
'n Simfonie-orkes.
simfonie-orkes
Afbreking: sim•fo•nie-or•kes


Selfstandige naamwoord: simfonie-orkes
Meervoud: simfonie-orkeste
Verkleinwoord: simfonie-orkessie
Meervoud van verkleining: simfonie-orkessies

Betekenis:
• 'n Groot orkes wat hoofsaaklik klassieke simfonieë speel, gewoonlik met stryk-, houtblaas-, koperblaas- en slaginstrumente.

Gebruik:
• 'n Simfonie-orkes bestaan uit ongeveer 40 musici in 'n klein orkes tot meer as 100 in 'n groot orkes en word deur 'n dirigent begelei.

Wisselvorm:
• simfonieorkes

Hiperoniem:
• orkes

Vertaling:
Engels: symphony orchestra
Nederlands: symfonieorkest

Nota:
• Van Grieks, ὀορχήστρα (orkes), die ruimte voor die verhoog in 'n antieke Griekse teater.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: simfonie
Volgende onderwerp: invorderaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 14 12:52:41 UTC 2026