simfonie [boodskap #140629] |
Mon, 28 November 2022 16:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
simfonie
Afbreking: sim•fo•nie
Selfstandige naamwoord: simfonie
Meervoud: simfonieë
Verkleinwoord: simfonietjie
Meervoud van verkleining: simfonietjies
Betekenis:
• 'n Veelstemmige musiekstuk vir 'n vol orkes sonder solis, gewoonlik in drie of vier dele.
Gebruik:
• Die orkes sal Beethoven se negende en laaste simfonie opvoer.
Afgelei:
• simfoniemusiek
• simfoniekonsert
• simfonie-orkes
• simfonies
Vertaling:
Engels: symphony
Nederlands: symfonie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|