Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » absoluut
absoluut [boodskap #140628] Mon, 28 November 2022 15:46
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
absoluut
Afbreking: ab•so•luut


Byvoeglike naamwoord: absoluut
Vergrotende trap: absoluter
Oortreffende trap: absoluutste
Attributief: absolute
Partitief: absoluuts

Betekenis:
• Totaal en al; waaroor daar geen twyfel bestaan nie.
• Wat onbeperk is; waarop daar geen voorwaarde of perk is nie.

Gebruik:
• Dit het absoluut niks met jou te make nie.
• 'n Heerser behoort nooit absolute mag te hê nie.

Sinoniem:
• heeltemal
• onbetwisbaar
• onomwonde
• onbeperk
• onvoorwaardelik
• volkome
• volledig
• volstrek

Antoniem:
• betreklik
• relatief

Afgelei:
• absoluutheid

Afkorting:
• abs.

Vertaling:
Engels: absolute, complete
Nederlands: absoluut

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noodlot
Volgende onderwerp: simfonie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 19:43:11 UTC 2025