sameflansing [boodskap #140623] |
Sun, 27 November 2022 15:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sameflansing
Afbreking: sa•me•flan•sing
Samestelling: saamflans + -ing
Selfstandige naamwoord: sameflansing
Meervoud: sameflansings
Betekenis:
• Iets wat saamgeflans is; wat haastig en slordig bymekaar gebring is.
Gebruik:
• Die boek Spreuke in die Bybel is nie bloot 'n sameflansing van gesegdes nie, maar vorm 'n doelbewuste geordende geheel.
Wisselvorm:
• saamflansing
Sinoniem:
• fabrikasie
• improvisasie
• konglomerasie
• skepping
Vertaling:
Engels: conglomeration
Nederlands: conglomeraat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|