bloedvergieting [boodskap #140614] |
Sat, 26 November 2022 13:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bloedvergieting
Afbreking: bloed•ver•gie•ting
Samestelling: bloed + vergieting
Selfstandige naamwoord: bloedvergieting
Meervoud: bloedvergietinge, bloedvergietings
Betekenis:
• Die bloedige verlies van lewens tydens 'n oorlog, opstand, slagting, ens.
Gebruik:
• Ek stuur pes in die stad in en bloedvergieting op sy strate. [Esegiël 28:23]
Sinoniem:
• bloedbad
• massamoord
• slagting
Afgelei:
• bloedvergieter
Vertaling:
Engels: bloodshed
Nederlands: bloedvergieten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|