teenstand [boodskap #140601] |
Thu, 24 November 2022 13:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teenstand
Afbreking: teen•stand
Samestelling: teen + stand
Selfstandige naamwoord: teenstand
Meervoud: teenstande
Betekenis:
• Die handeling van teenstaan; om in konflik te wees.
Gebruik:
• Dit help nie om teenstand teen verandering te bied nie.
Wisselvorm:
• teëstand
Sinoniem:
• antagonisme
• opposisie
• protes
• teenkanting
• verset
• weerstand
Afgelei:
• teenstander
Vertaling:
Engels: resistance, opposition
Nederlands: tegenstand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|