takel [boodskap #140581] |
Sat, 12 November 2022 20:35 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
takel
Afbreking: ta•kel
Werkwoord: takel
Verlede tyd: het getakel
Betekenis:
• Om aan te gryp; aan te val; bykom; stormloop.
• Om aan te durf; aanpak.
Gebruik:
• Die seuns takel mekaar met die vuiste.
• Hoe gouer jy jou huiswerk takel hoe gouer kan jy gaan speel.
Afgelei:
• toetakel
Vertaling:
Engels: to tackle, beat up
Nederlands: takelen
Selfstandige naamwoord: takel
Meervoud: takels
Verkleinwoord: takeltjie
Meervoud van verkleining: takeltjies
Betekenis:
• 'n Katrol- en toustelsel waarmee swaar voorwerpe opgehys of verskuif word.
Gebruik:
• Die takel het 'n drakrag van 1 ton.
Hiponiem:
• kettingtakel
• toutakel
Afgelei:
• aftakel
• optakel
• takelaar
• takelasie
• takelblok
• takelstel
• takelwerk
Vertaling:
Engels: pulley system, block and tackle
Nederlands: takel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|