Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbuiging
verbuiging [boodskap #140577] Sat, 12 November 2022 14:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbuiging
Afbreking: ver•bui•ging
Samestelling: verbuig + -ing
Uitspraak: fərˈbœʏ̯xəŋ


Selfstandige naamwoord: verbuiging
Meervoud: verbuigings, verbuiginge
Verkleinwoord: verbuiginkie
Meervoud van verkleining: verbuiginkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verbuig/ verkrom.
• (taalkunde) Die verandering van 'n woord na 'n ander grammatikale kategorie.

Gebruik:
• Sterk drukkragte veroorsaak die verbuiging of plooiing van gesteentes in die aardkors.
• Die woord sagter is 'n verbuiging van sag.

Sinoniem:
• fleksie
• vormverandering

Afgelei:
• verbuigingsuitgang
• verbuigingsvorm
• woordverbuiging

Afkorting:
• verb.

Vertaling:
Engels: inflection, declination
Nederlands: verbuiging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kakofonies
Volgende onderwerp: episentrum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 20:21:34 UTC 2025