kakofonies [boodskap #140576] |
Sat, 12 November 2022 13:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kakofonies
Afbreking: ka•ko•fo•nies
Byvoeglike naamwoord: kakofonies
Attributief: kakofoniese
Betekenis:
• Soos 'n kakofonie ('n warboel van deurmekaar klanke).
Gebruik:
• Onaardse musiek dawer kakofonies oor die luidsprekers.
Sinoniem:
• disharmonies
• onwelluidend
• wanklankig
Antoniem:
• harmonies
Vertaling:
Engels: cacophonic
Nederlands: kakofonisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|