medelydend [boodskap #140575] |
Sat, 12 November 2022 12:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
medelydend
Afbreking: me•de•ly•dend
Byvoeglike naamwoord: medelydend
Vergrotende trap: medelydender
Oortreffende trap: medelydendste
Attributief: medelydende
Partitief: medelydends
Betekenis:
• Met medelye; wat meegevoel toon.
Gebruik:
• Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. [1 Petrus 3:8]
Sinoniem:
• barmhartig
• deernisvol
• jammerhartig
• mededoënd
• meewarig
• saamvoelend
• simpatiek
Afgelei:
• medelydendheid
Vertaling:
Engels: compassionate
Nederlands: medelijdend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|