sneuwel [boodskap #140571] |
Sat, 12 November 2022 09:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sneuwel
Afbreking: sneu•wel
Werkwoord: sneuwel
Verlede tyd: het gesneuwel
Verlede deelwoord: gesneuwelde
Betekenis:
• Om in 'n geveg dood te gaan.
• (figuurlik) Om te breek of te faal/misluk.
Gebruik:
• Meer as 2000 man sneuwel in die bloedige veldslag.
• Haar slim plan het vinnig gesneuwel.
Sinoniem:
• afsterf
• heengaan
• omkom
• sterf
• val
Vertaling:
Engels: to die in battle; to fall, perish
Nederlands: sneuvelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|