onbegaanbaar [boodskap #140559] |
Mon, 07 November 2022 19:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbegaanbaar
Afbreking: on•be•gaan•baar
Samestelling: on- + begaanbaar
Byvoeglike naamwoord: onbegaanbaar
Vergrotende trap: onbegaanbaarder
Oortreffende trap: onbegaanbaarste
Attributief: onbegaanbare
Partitief: onbegaanbaars
Betekenis:
• Wat nie begaanbaar is nie; so sleg is dat 'n mens nie daar kan ry of loop nie.
Gebruik:
• Weens die swaar reën is die grondpaaie onbegaanbaar.
Sinoniem:
• onherbergsaam
• onrybaar
• ontoeganklik
Afgelei:
• onbegaanbaarheid
Vertaling:
Engels: impassable, untraversable
Nederlands: onbegaanbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|