proletariaat [boodskap #140557] |
Mon, 07 November 2022 16:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
proletariaat
Afbreking: pro•le•ta•ri•aat
Selfstandige naamwoord: proletariaat
Meervoud: proletariate
Betekenis:
• Die klas van werkers in 'n samelewing. Loontrekkers wie se enigste betekenisvolle waarde hulle arbeidskrag is.
Gebruik:
• Die koms van robotte en toenemende meganisasie is besig om die mag van die proletariaat te breek en die toekoms van die groep is tans onduidelik.
Sinoniem:
• arbeidersklas
• gepeupel
• gespuis
• hoipolloi
• massa
• menigte
• plebs
• volk
• werkersklas
Antoniem:
• bourgeoisie
Verwant:
• proleet
• proletariër
Vertaling:
Engels: the proletariat, working class
Nederlands: proletariaat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|