Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » jellie
jellie [boodskap #140547] Sat, 05 November 2022 13:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
jellie
Afbreking: jel•lie


Selfstandige naamwoord: jellie
Meervoud: jellies
Verkleinwoord: jellietjie
Meervoud van verkleining: jellietjies

Betekenis:
• 'n Elastiese massa gelatien of soortgelyke stof; gestolde drilsel.
• Konfyt met 'n elastiese struktuur.

Gebruik:
• Ons kry rooi jellie en roomys vir nagereg.
• Sy smeer kweperjelly oor sy brood.

Hiponiem:
• koejaweljellie
• kweperjellie
• pruimjellie
• petroleumjellie

Afgelei:
• jellieagtig
• jelliebakkie
• jellienagereg
• jelliepoeier
• jellierig
• jelliesoort
• jellievis
• jellievorm
• jellievorming

Vertaling:
Engels: jelly
Nederlands: gelei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hellevaart
Volgende onderwerp: vrotsig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 20:29:50 UTC 2025