samevoeging [boodskap #140545] |
Sat, 05 November 2022 13:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
samevoeging
Afbreking: sa•me•voe•ging
Samestelling: same (saam) + voeg + -ing
Selfstandige naamwoord: samevoeging
Meervoud: samevoegings
Verkleinwoord: samevoeginkie
Meervoud van verkleining: samevoeginkies
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van saamvoeg.
Gebruik:
• Die woord sitkamer is 'n samevoeging van die woorde sit en kamer.
• Hierdie boek is 'n samevoeging van verskeie samesweringsteorieë.
Wisselvorm:
• saamvoeging
Sinoniem:
• byeenvoeging
• kombinering
• samestelling
• vereniging
Afkorting:
• samev.
Vertaling:
Engels: union, merger, junction, assemblage
Nederlands: samenvoeging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|