Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » serum
serum [boodskap #140538] Wed, 02 November 2022 17:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
serum
Afbreking: se•rum


Selfstandige naamwoord: serum
Meervoud: serums
Verkleinwoord: serumpie
Meervoud van verkleining: serumpies

Betekenis:
• Die vloeibare stof wat oorbly as bloed stol.
• Entstof/vaksine van die bloed van 'n geïnfekteerde organisme wat as teengif dien.

Gebruik:
• 'n Uitswaaier (sentrifugeermasjien) word gebruik om die serum van die stollingselemente in die bloed te skei.
• 'n Swartmamba se byt is dodelik en 'n serum moet onmiddellik toegedien word.

Sinoniem:
• bloedserum
• bloedwater
• bloedwei

Afgelei:
• antiserum
• seruminspuiting
• serumreaksie
• serumsiekte
• serumterapie

Vertaling:
Engels: serum
Nederlands: serum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skoppensboer
Volgende onderwerp: stelselmatig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 20:36:57 UTC 2025