Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoppensboer
skoppensboer [boodskap #140537] Wed, 02 November 2022 14:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die skoppensboer.
Die skoppensboer.
Die Skoppensboer word dikwels met 'n sens voorgestel.
Die Skoppensboer word dikwels met 'n sens voorgestel.
skoppensboer
Afbreking: skop•pens•boer
Samestelling: skoppens + boer


Selfstandige naamwoord: skoppensboer
Meervoud: skoppensboere

Betekenis:
• Kaart met die boer van skoppens (♠) daarop.
• Die doodsengel as simbool van die dood/noodlot (met hoofletter).

Gebruik:
• Wie het die skoppensboer?
• Dus onverleë; lag ons maar mee; met elke toer; van Skoppensboer! [Eugène Marais]

Sinoniem:
• doodsengel
• doodsmaaier

Vertaling:
Engels: jack of spades; Grim Reaper
Nederlands: schoppenboer; de Dood, man met de zeis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kadawer
Volgende onderwerp: serum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 20:38:19 UTC 2025