skaaphond [boodskap #140532] |
Tue, 01 November 2022 18:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skaaphond
Afbreking: skaap•hond
Samestelling: skaap + hond
Selfstandige naamwoord: skaaphond
Meervoud: skaaphonde
Verkleinwoord: skaaphondjie
Meervoud van verkleining: skaaphondjies
Betekenis:
• Hond wat skape oppas, of vir die doel geteel is.
Gebruik:
• Elke skaapboer het 'n goeie skaaphond nodig.
Sinoniem:
• herdershond
Hiponiem:
• borderkollie (Skotse skaaphond)
• wolfhond (Duitse skaaphond)
Vertaling:
Engels: sheepdog, shepherd's dog
Nederlands: herdershond
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|