uitasem [boodskap #140530] |
Mon, 31 October 2022 12:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uitasem
Afbreking: uit•a•sem
Samestelling: uit + asem
Werkwoord: asem uit, uitasem
Verlede tyd: het uitgeasem
Betekenis:
• Om die lug in die longe deur die mond of neus na buite te blaas.
Gebruik:
• Ons gaan almal eendag ons laaste asem uitasem.
Sinoniem:
• uitblaas
Antoniem:
• inasem
Afgelei:
• uitaseming
Vertaling:
Engels: to breathe out, exhale
Nederlands: uitademen
Byvoeglike naamwoord: uitasem
Attributief: uitasem
Betekenis:
• Wat kort van asem is.
Gebruik:
• Ek kan nie drie treë loop sonder om uitasem te raak nie.
Sinoniem:
• aamborstig
• asemloos
• hygend
• kortasem
• moeg
Vertaling:
Engels: out of breath
Nederlands: buiten adem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|