bakoond [boodskap #140526] |
Sun, 30 October 2022 17:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bakoond
Afbreking: bak•oond
Samestelling: bak + oond
Selfstandige naamwoord: bakoond
Meervoud: bakoonde
Verkleinwoord: bakoondjie
Meervoud van verkleining: bakoondjies
Betekenis:
• Oond waarin gebak word.
Gebruik:
• Tydens die Groot Trek is uitgeholde miershope as bakoond gebruik om in brood te bak.
Spreekwoord:
• Sy sit op die bakoond. [Sy is ouerig en sal dalk nie trou nie.]
Vertaling:
Engels: baking oven
Nederlands: bakoven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|