Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rondhardloop
rondhardloop [boodskap #140516] Sun, 30 October 2022 09:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
rondhardloop
Afbreking: rond•hard•loop
Samestelling: rond + hardloop


Werkwoord: hardloop rond, rondhardloop
Verlede tyd: het rondgehardloop

Betekenis:
• Om bedrywig te wees; heen en weer tussen plekke beweeg.

Gebruik:
• Die kinders kan op die veld rondhardloop en op die springkastele spring terwyl hulle ouers inkopies doen.

Sinoniem:
• kerjakker
• rondhol
• rondrits
• skarrel

Antoniem:
• rondhang

Vertaling:
Engels: to run about
Nederlands: rondrennen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onweerstaanbaar
Volgende onderwerp: sleurwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 20:24:02 UTC 2025