Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergaar
vergaar [boodskap #140511] Vr, 28 Oktober 2022 16:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20800
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergaar
Afbreking: ver•gaar


Werkwoord: vergaar
Verlede tyd: het vergaar

Betekenis:
• Om te versamel en bymekaar te maak.

Gebruik:
• Alles wat hulle vergaar het, is daarmee heen.

Spreekwoord:
• 'n Rollende steen vergaar geen mos nie. [Wie telkens van beroep verander, kan nie vorder nie.]

Sinoniem:
• byeenbring
• bymekaarmaak
• insamel
• opgaar
• ophoop
• vergader (verouderd)
• versamel

Afgelei:
• vergaarbak
• vergaarder
• vergaarplek

Vertaling:
Engels: to collect, gather, hoard
Nederlands: vergaren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vergader
Volgende onderwerp: distansieer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 10:16:29 MGT 2024