Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergader
vergader [boodskap #140510] Fri, 28 October 2022 15:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergader
Afbreking: ver•ga•der


Werkwoord: vergader
Verlede tyd: het vergader

Betekenis:
• Om as 'n groep bymekaar te kom, meestal om iets te bespreek.
• (verouderd) Om dinge bymekaar te maak; vergaar.

Gebruik:
• Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde. [Matteus ‪18:20]
• Jy kan skatte op aarde vergader, maar jy kan dit nie eendag saamneem nie.

Spreekwoord:
• Waar die aas is, vergader die aasvoëls. [Waar voordeel behaal kan word, is daar baie mededingers.]

Sinoniem
• beraadslaag
• byeenkom
• bymekaarkom
• kongregeer
• saamdrom
• saamkom
• saamtrek
• insamel
• opgaar
• versamel

Afgelei:
• vergaderplek
• vergadersaal
• vergadertafel

Verwant:
• vergadering

Vertaling:
Engels: to meet, assemble, convene; to collect, gather
Nederlands: vergaderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: getuie
Volgende onderwerp: vergaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 20:08:06 UTC 2025