stoffasie [boodskap #140506] |
Thu, 27 October 2022 17:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stoffasie
Afbreking: stof•fa•sie
Selfstandige naamwoord: stoffasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die stof/materiaal waarvan iets gemaak is.
• (figuurlik) Karakter, kaliber, inbors.
Gebruik:
• Die baadjie en broek is nie van dieselfde kleur of stoffasie nie.
• Dis 'n voorreg om 'n spreker van sy stoffasie te verwelkom.
Spreekwoord:
• Wys van watter stoffasie jy gemaak is. [Wys wat jy kan doen.]
Verwant:
• stoffeer
• stoffeerder
Vertaling:
Engels: material, stuff; calibre
Nederlands: stof; kaliber
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|