Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bedruk
bedruk [boodskap #140502] Wed, 26 October 2022 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20988
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bedruk
Afbreking: be•druk
Samestelling: be- + druk


Werkwoord: bedruk
Verlede tyd: het bedruk

Betekenis:
• Om somber (terneergedruk en neerslagtig) te maak.
• Om letters, figure, ens. op iets aan te bring.

Gebruik:
• Die slegte nuus het ons bedruk.
• Die beampte het my paspoort met stempels bedruk.

Vertaling:
Engels: to depress; to print
Nederlands: bedrukken


Byvoeglike naamwoord: bedruk
Vergrotende trap: bedrukter
Oortreffende trap: bedrukste
Attributief: bedrukte

Betekenis:
• Met 'n neerslagtige stemming; nie opgeruimd nie.
• Wat met letters, figure, ens. oortrek is.

Gebruik:
• Dit gaan altyd sleg met 'n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is 'n fees. [Spreuke 15:15]
• My paspoort is met stempels bedruk.

Sinoniem:
• bek-af
• depressief
• droefgeestig
• mismoedig
• mistroostig
• neerslagtig
• somber
• swaarmoedig
• terneergedruk
• terneergeslae
• verslae

Antoniem:
• onbedruk
• opgeruimd
• opgewek

Afgelei:
• bedruktheid

Vertaling:
Engels: depressed; printed
Nederlands: bedrukt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wrintiewaar
Volgende onderwerp: blouvitrioel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Jan 07 19:57:17 UTC 2025