agtertoe [boodskap #140496] |
Mon, 24 October 2022 18:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agtertoe
Afbreking: ag•ter•toe
Samestelling: agter + toe
Bywoord: agtertoe
Betekenis:
• Na die agterkant.
Gebruik:
• Jy moet die bal agtertoe aangee.
Spreekwoord:
• Nie vorentoe of agtertoe weet nie. [Nie weet wat om te doen nie.]
Sinoniem:
• agteruit
• terug
• tru
Antoniem:
• vorentoe
Vertaling:
Engels: backwards, to the rear
Nederlands: naar achter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|